Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 18:15-23 Bybel vir Almal (ABA)

15. Sara was bang. Sy het gestry en gesê: “Ek het nie gelag nie.”Maar die Here het gesê: “Dit is nie waar nie, jy hét gelag.”

16. Die mans het opgestaan om te gaan, en Abraham het ’n entjie saam met hulle gestap. Hulle het na die stad Sodom gekyk.

17. Die Here dink toe: Ek sal nie stilbly nie, Ek sal vir Abraham vertel wat Ek wil doen.

18. Abraham se nageslag sal ’n groot en sterk volk word, en al die mense van die aarde sal sy naam gebruik om te bid dat Ek hulle moet seën soos Ek vir Abraham geseën het.

19. Ek het ’n verbond met Abraham gemaak. Hy moet vir sy seuns en sy nageslag sê om gehoorsaam te wees aan My. Hulle moet doen wat Ek wil hê. Dan sal Ek vir Abraham doen wat Ek vir hom belowe het.

20. Toe sê die Here: “Ek hoor baie mense kla oor die stede Sodom en Gomorra, want daardie mense doen baie sonde.

21. Ek wil afgaan en gaan kyk of hulle regtig doen wat Ek gehoor het. Ek wil dit weet.”

22. Die mans het omgedraai en na Sodom gegaan, maar Abraham het nog voor die Here gestaan.

23. Abraham kom toe nader en vra: “Sal U die goeie mense saam met die slegte mense straf?

Lees volledige hoofstuk Genesis 18