Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 13:10-18 Bybel vir Almal (ABA)

10. Lot het rondgekyk en gesien daar is baie water by die stad Soar in die suide van die Jordaan-vallei. Dit het gelyk soos ’n tuin van die Here, en soos in Egipte. Dit was voordat die Here vir Sodom en Gomorra verwoes het.

11. Lot het toe die Jordaan-vallei vir homself gekies en hy het oos getrek. So het Lot weggegaan van Abram.

12. Abram het in Kanaän gewoon en Lot het by die stede in die suide van die Jordaan-vallei gaan woon. Hy het tot by die stad Sodom getrek en sy tente daar opgeslaan.

13. Die mense van Sodom was baie sleg en hulle het baie sonde gedoen.

14. Nadat Lot weggegaan het van Abram, het die Here vir Abram gesê: “Kyk rondom jou. Kyk noord, kyk suid, kyk oos, kyk wes.

15. Die hele land wat jy sien, sal Ek vir jou en vir jou nageslag gee, vir altyd.

16. Ek sal jou nageslag so baie maak soos die stof op die aarde. As iemand die stof op die aarde kan tel, dan sal hy jou nageslag ook kan tel.

17. Jy mag nou deur die hele land trek, want Ek gee dit vir jou.”

18. Abram het sy tente opgeslaan en hy het gaan woon by die bome van Mamre, by die stad Hebron. Abram het daar ’n altaar vir die Here gebou.

Lees volledige hoofstuk Genesis 13