Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 13:1-9 Bybel vir Almal (ABA)

1. Abram het uit Egipte weggegaan na die Suid-land, hy en sy vrou en alles wat hy gehad het. Lot het saam met hom gegaan.

2. Abram was baie ryk. Hy het baie diere en silwer en goud gehad.

3. Hy het elke dag verder getrek totdat hy weer by dieselfde plek gekom het waar hy voorheen sy tente opgeslaan het. Dit was tussen die stede Bet-El en Ai.

4. Dit was die plek waar hy voorheen ’n altaar gebou het. Abram het die Here daar aanbid.

5. Lot, wat saam met Abram getrek het, het ook skape en bokke, beeste en tente gehad.

6. Daar was nie genoeg grond vir Abram en Lot saam nie. Hulle kon nie bymekaar woon nie, want hulle het te veel diere en ander goed gehad.

7. Abram en Lot se skaapwagters het met mekaar gestry en rusie gemaak. In daardie tyd het die Kanaäniete en Feresiete ook in die land gewoon.

8. Abram sê toe vir Lot: “Ek en jy moenie met mekaar stry en rusie maak nie, en ook nie my skaapwagters met joune nie, want ons is familie.

9. Die hele land lê oop voor jou. Ons moet weggaan van mekaar. As jy links gaan, dan sal ek regs gaan, of as jy regs gaan, dan sal ek links gaan.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 13