Ou Testament

Nuwe Testament

Ester 7:5-10 Bybel vir Almal (ABA)

5. Toe sê koning Ahasveros vir koningin Ester: “Wie is dit? Waar is die persoon wat hierdie planne gemaak het?”

6. En Ester sê: “Dit is hierdie slegte man Haman. Hy is ons vyand!”

7. Die koning was baie kwaad. Hy het opgestaan van die tafel en hy het na die tuin van die paleis gegaan. Haman het daar gebly staan en hy het gesoebat dat koningin Ester moet help om sy lewe te spaar, want hy het gesien dat die koning klaar besluit het dat daar niks goed met hom sal gebeur nie.

8. Toe die koning uit die tuin terugkom na die eetkamer, sien hy dat Haman teen die bank lê waarop Ester sit, en die koning sê: “Wil jy nou ook die koningin verkrag? Wil jy dit doen hier by my in my paleis?”Toe die koning dit gesê het, het hulle Haman se gesig toegemaak.

9. Garbona, een van die amptenare, sê toe: “Daar staan die paal by Haman se huis, hy het die paal vir Mordegai laat inplant. Die paal is 50 el hoog. Maar Mordegai is die man wat vir die koning gered het toe hy vertel het dat die amptenare die koning wil vermoor.”Die koning het gesê: “Julle moet vir Haman ophang aan die paal.”

10. Hulle het vir Haman opgehang aan die paal wat hy laat inplant het om vir Mordegai op te hang. Die koning was toe tevrede.

Lees volledige hoofstuk Ester 7