Ou Testament

Nuwe Testament

Esra 2:59-70 Bybel vir Almal (ABA)

59. Daar het ook persone gekom uit die stede Tel-Melag, Tel Garsa, Kerub-Addan en Immer, maar hulle kon nie bewys aan watter families hulle behoort het en wie hulle voorvaders is en dat hulle Israeliete is nie.

60. Dit was 652 persone van die families Delaja, Tobija en Nekoda.

61. Die priester-families was Gobaja, Kos en Barsillai. Barsillai het getrou met ’n dogter van Barsillai van Gilead, en toe het hy homself ook Barsillai genoem.

62. Hierdie families het in die naamlys gesoek, maar hulle kon nie hulle name daar kry nie, daarom kon hulle nie meer priesters wees nie.

63. Die goewerneur het vir hulle gesê hulle mag nie eet van die hoog-gewyde offers nie. Hulle moes wag totdat ’n priester vir die urim en die tummim gevra het wat met hulle moet gebeur.

64. Die mense wat teruggekom het, was almal saam 42 360.

65. Daar was ook nog 7 337 slawe en slavinne en 200 mans en vroue wat moes sing.

66. Hulle het 736 perde, 245 muile,

67. 435 kamele en 6 720 donkies gehad.

68. Toe die familiehoofde by die tempel-gronde in Jerusalem kom, het hulle self besluit om geld te gee om die tempel weer te bou op die plek waar dit was.

69. Elke familiehoof het gegee wat hy kon gee om die tempel te bou. Dit was 61 000 goue darieke, 5 000 mines silwer, en rokke vir 100 priesters.

70. Die priesters en die Leviete en party van die ander mense en die mans en vroue wat gesing het en die tempel-slawe het in hulle stede gaan woon, en al die ander Israeliete het in hulle eie stede gaan woon.

Lees volledige hoofstuk Esra 2