hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10

Ou Testament

Nuwe Testament

Esra 2 Bybel vir Almal (ABA)

Die mense wat teruggekom het saam met Serubbabel

1. Hier is ’n lys van die mense van die provinsie Juda wat teruggekom het van Babel. Koning Nebukadnesar van Babel het hulle voorheen weggevat na Babel, en hulle was daar gevangenes. Nou het hulle teruggekom na Jerusalem en Juda, elkeen het teruggekom na sy eie stad.

2. Hulle het gekom saam met Serubbabel, en saam met Jesua, Nehemia, Seraja, Reëlaja, Mordegai, Bilsan, Mispar, Bigwai, Regum en Baäna. Hier is ’n lys van die families van die volk Israel wat saamgekom het en hoeveel mense in elke familie was.

3. Die families was:Paros, hulle was almal saam 2 172 mans,

4. Sefatja 372,

5. Arag 175

6. Pagat 2 812, dit was die Jesua-familie en die Joab-familie,

7. Elam 1 254,

8. Sattu 945.

9. Sakkai 760,

10. Bani 642,

11. Bebai 623,

12. Asgad 2 222,

13. Adonikam 666,

14. Bigwai 2 056,

15. Adin 454,

16. Ater 98, dit was ’n Hiskia-familie,

17. Besai 323,

18. Jora 112,

19. Gasum 223,

20. Gibbar 95.

21. Daar was ook mense van hierdie stede:Van Betlehem was daar 23 mense,

22. van Netofa 56,

23. Anatot 128,

24. Asmawet 42,

25. Kirjat-Jearim, Kefira en Beërot 743,

26. Rama en Geba 621,

27. Mikmas 122,

28. Bet-El en Ai 223,

29. Nebo 52,

30. Magbis 156,

31. die ander Elam 1 254,

32. Garim 320,

33. Lod, Gadid en Ono 725,

34. Jerigo 345,

35. en Senaä 3 630.

36. Die priester-families was Jedaja, van die nageslag van Jesua, hulle was 973,

37. Immer 1 052,

38. Pasgur 1 247

39. en Garim 1 017.

40. Die Leviete-families was Jesua en Kadmiël, altwee uit die Hodauja-familie, hulle was 74.

41. Die mense wat moes sing, was die Asaf-familie, hulle was 128.

42. Die poortwagte was die families Sallum, Ater, Talmon, Akkub, Gatita en Sobai, hulle almal saam was 139.

43. Die tempel-slawe was die families Siga, Gasufa, Tabbaot,

44. Keros, Siaä, Padon,

45. Lebana, Gagaba, Akkub,

46. Gagab, Samlai, Ganan,

47. Giddel, Gagar, Reaja,

48. Resin, Nekoda, Gassam,

49. Ussa, Paseag, Besai,

50. Asna, Meïnim, Nefisim,

51. Bakbuk, Gakufa, Gargur,

52. Baslut, Megida, Garsa,

53. Barkos, Sisera, Temag,

54. Nesiag en Gatifa.

55. Die nageslag van die slawe van Salomo was die families Sotai, Hassoferet, Peruda,

56. Jala, Darkon, Giddel,

57. Sefatja, Gattil, Pokeret-Sebajim en Ami.

58. Die tempel-slawe en die persone van die nageslag van Salomo se slawe was almal saam 392.

59. Daar het ook persone gekom uit die stede Tel-Melag, Tel Garsa, Kerub-Addan en Immer, maar hulle kon nie bewys aan watter families hulle behoort het en wie hulle voorvaders is en dat hulle Israeliete is nie.

60. Dit was 652 persone van die families Delaja, Tobija en Nekoda.

61. Die priester-families was Gobaja, Kos en Barsillai. Barsillai het getrou met ’n dogter van Barsillai van Gilead, en toe het hy homself ook Barsillai genoem.

62. Hierdie families het in die naamlys gesoek, maar hulle kon nie hulle name daar kry nie, daarom kon hulle nie meer priesters wees nie.

63. Die goewerneur het vir hulle gesê hulle mag nie eet van die hoog-gewyde offers nie. Hulle moes wag totdat ’n priester vir die urim en die tummim gevra het wat met hulle moet gebeur.

64. Die mense wat teruggekom het, was almal saam 42 360.

65. Daar was ook nog 7 337 slawe en slavinne en 200 mans en vroue wat moes sing.

66. Hulle het 736 perde, 245 muile,

67. 435 kamele en 6 720 donkies gehad.

Die familiehoofde gee geld om die tempel te bou

68. Toe die familiehoofde by die tempel-gronde in Jerusalem kom, het hulle self besluit om geld te gee om die tempel weer te bou op die plek waar dit was.

69. Elke familiehoof het gegee wat hy kon gee om die tempel te bou. Dit was 61 000 goue darieke, 5 000 mines silwer, en rokke vir 100 priesters.

Hulle bou die brandoffer-altaar

70. Die priesters en die Leviete en party van die ander mense en die mans en vroue wat gesing het en die tempel-slawe het in hulle stede gaan woon, en al die ander Israeliete het in hulle eie stede gaan woon.