Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 48:8-13 Bybel vir Almal (ABA)

8. “Die grond wat julle vir die Here moet gee, moet langs die grond van Juda wees, van oos na wes. Dit moet 25 000 el breed wees en so lank soos die stukke grond van die stamme. Die gewyde plek moet in die middel van hierdie grond wees.

9. Een stuk grond wat julle vir die Here moet gee, moet 25 000 el lank en 10 000 el breed wees.

10. “Julle moet die gewyde grond só verdeel: Die priesters kry die grond by die noordekant. Die grond moet 25 000 el wees van oos na wes, en 10 000 el van noord na suid. Die gewyde plek van die Here moet op hierdie grond wees.

11. Hierdie grond moet die gewyde priesters se grond wees. Hulle is die nageslag van Sadok. Hulle het aangehou om vir My te werk en hulle het nie verkeerd gedoen soos die Israeliete nie. Dit is die Leviete wat verkeerd gedoen het.

12. Die priesters se grond is ’n present, dit is ’n stuk van die grond wat julle vir die Here moet gee, en dit is hoog-gewyd. Dit is langs die Leviete se grond.

13. Die Leviete kry die grond langs die priesters se grond, dit is 25 000 el lank en 10 000 el breed.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 48