Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 48:22-35 Bybel vir Almal (ABA)

22. Die Leviete se grond en die stadsgrond moet tussen die twee stukke grond van die regeerder wees. Sy grond moet tussen die stuk grond van Juda en die stuk grond van Benjamin wees.

23-27. “Die grond wat die stamme van Benjamin, Simeon, Issaskar, Sebulon en Gad kry, is suid van die gewyde grond en die regeerder se grond. Die grond is van die oostekant tot by die westekant.

28. By die suidekant van die grond van die stam Gad moet die grens wees van die stad Tamar, verby die fonteine van die stad Meriba-Kades, en dan langs die rivier tot by die Middellandse See.

29. Dit is die land wat julle moet verdeel en vir die stamme moet gee, en dit is wat elke stam moet kry.”Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.

30. “Daar moet plekke wees waar mense uit die stad kan gaan. Die noordekant van die stad moet 4 500 el lank wees,

31. en daar moet drie poorte wees, die poorte van Ruben, Juda en Levi. Die poorte van die stad moet die name hê van die stamme van Israel.

32. Die oostekant moet 4 500 el lank wees, en daar moet drie poorte wees, die poorte van Josef, Benjamin en Dan.

33. Die suidekant moet 4 500 el lank wees, en daar moet drie poorte wees, die poorte van Simeon, Issaskar en Sebulon.

34. Die westekant moet 4 500 el lank wees, en daar moet drie poorte wees, die poorte van Gad, Aser en Naftali.”

35. “Dit moet 18 000 el wees rondom die stad, en van nou af moet die stad se naam wees ‘Die Here is daar.’ ”

Lees volledige hoofstuk Esegiël 48