Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 42:7-11 Bybel vir Almal (ABA)

7. Daar was ’n muur buite langs die kamers. Die muur was tot by die buitenste oop stuk grond voor die kamers. Die muur was 50 el lank.

8. Die gebou met die kamers wat langs die buitenste oop stuk grond was, was 50 el lank, maar oorkant die tempel was dit 100 el lank.

9. ’n Mens kon van die buitenste oop stuk grond by die oostekant inkom in die onderste kamers.

10. Daar was ook kamers teen die muur van die buitenste oop stuk grond. Dit was oos van die oop plek en oorkant die ander gebou waarin die kamers was.

11. Daar was ’n gang voor die kamers, dit was soos voor die kamers by die noordekant, en die kamers was so groot soos die kamers by die noordekant, en ’n mens kon ook so in die kamers inkom of uitgaan.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 42