Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 41:19-26 Bybel vir Almal (ABA)

19. Een gesig was ’n mensgesig en die ander gesig was ’n leeugesig, en die gesigte het na die palmbome gekyk. Daar was gerubs teen al die mure van die tempel.

20. Daar was gerubs en palmbome van die vloer tot bokant die deur, en ook teen die muur van die voorste kamer.

21. Die raam van die deur van die voorste kamer was vierkantig. Die deur van die gewyde kamer het dieselfde gelyk.

22. Die altaar in die voorste kamer was van hout gemaak, en dit was drie el hoog en twee el lank. Sy hoeke en sy kante was ook van hout gemaak. Die man het vir my gesê: “Hierdie is die tafel wat altyd in die voorste kamer moet staan, voor die Here.”

23. Daar was deure voor die voorste kamer en voor die gewyde kamer.

24. Dit was dubbeldeure wat kon swaai.

25. Daar was gerubs en palmbome op die dubbeldeure, dieselfde soos op die mure. Voor die voorportaal, langs die buitekant, was daar ’n afdak van hout.

26. Daar was vensters met hortjies. Daar was ook palmbome op altwee kante teen die mure van die voorportaal, en ook teen die kamers van die gebou teen die tempel, en teen die afdakke.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 41