Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 39:1-9 Bybel vir Almal (ABA)

1. “En jy, mens, jy moet my boodskap bring teen Gog. Jy moet vir hom sê: Die Here, Hy wat Here is, sê: Gog, hoof-regeerder van die volke Mesek en Tubal, Ek is jou vyand.

2. Ek sal jou laat omdraai, Ek sal jou lei en Ek sal jou laat kom van ver uit die noorde, Ek sal jou op die berge van Israel bring.

3. Dan sal Ek jou boog uit jou linker-hand slaan en Ek sal jou pyle uit jou regter-hand laat val.

4. Jy sal sterf op die berge van Israel, jy en al jou soldate en die manne van ander volke wat saam met jou is. Ek sal jou vir die roofvoëls en die wilde diere gee om op te vreet.

5. Jy sal in die veld val, want Ek het dit gesê.”Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.

6. “Ek sal die land Magog en die lande by die see aan die brand steek. Daardie mense dink hulle is veilig, maar hulle sal weet dat Ek die Here is.

7. Ek sal vir my volk Israel wys dat Ek die heilige God is. Ek sal my heilige Naam nie weer laat ontwy nie. Die ander volke sal weet dat Ek die Here is, die Heilige God van Israel.

8. Luister, dit kom, dit sal gebeur, dit is die dag waarvan Ek gepraat het.”Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.

9. “Die mense wat in die stede van Israel woon, sal uitgaan. Hulle sal vuurmaak en die wapens verbrand: die skilde, die pyl en boë, die stokke en die spiese. Hulle sal sewe jaar lank vuurmaak met al die wapens.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 39