Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 35:6-11 Bybel vir Almal (ABA)

6. Die Here, Hy wat Here is, sê: “Ek sal jou vol bloed laat word, daar sal altyd bloed op jou wees, want jy het gehou daarvan om mense dood te maak. Daar sal altyd bloed op jou wees. Dit is seker, so seker soos Ek lewe.

7. Ek sal die Seïr-berg verwoes, niemand sal daar kan woon nie. Ek sal elkeen laat sterf wat op die berg loop.

8. Die dooie mense sal oral op die berge van die land Edom lê, die dooie mense sal die berge toemaak. Die mense wat in die oorlog gesterf het, sal op jou heuwels lê en in jou valleie en in al jou waterslote.

9. Ek sal Edom ’n plek maak waar mense nooit weer sal kan woon nie, niemand sal in jou stede woon nie. Julle sal weet dat Ek die Here is.

10. Ek sal dit doen omdat jy gesê het: ‘Daardie twee volke en die twee lande Israel en Juda sal nou myne wees, ons sal dit vir onsself vat.’ Maar Ek, die Here, was daar by hulle.”

11. Daarom sê die Here, Hy wat Here is: “Ek sal doen met jou soos jy met hulle gedoen het toe jy kwaad was en toe jy hulle lande vir jouself wou vat omdat jy hulle gehaat het. Hulle sal sien wie Ek is wanneer Ek jou straf. Dit is seker, so seker soos Ek lewe.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 35