Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 35:11-15 Bybel vir Almal (ABA)

11. Daarom sê die Here, Hy wat Here is: “Ek sal doen met jou soos jy met hulle gedoen het toe jy kwaad was en toe jy hulle lande vir jouself wou vat omdat jy hulle gehaat het. Hulle sal sien wie Ek is wanneer Ek jou straf. Dit is seker, so seker soos Ek lewe.

12. Jy sal weet dat Ek die Here is. Ek het gehoor toe jy die berge van Israel beledig het en gesê het: ‘Daar woon nou niemand nie, die Here het daardie berge vir ons gegee sodat ons hulle kan op-eet.’

13. Julle het gespog, julle het baie gepraat teen My, Ek het gehoor wat julle gesê het.”

14. Die Here, Hy wat Here is, sê: “Edom, Ek sal jou ’n plek maak waar niemand kan woon nie. Wanneer Ek dit doen, dan sal die hele aarde bly wees.

15. Jy was ook bly toe die land van die volk Israel ’n plek geword het waar niemand kan woon nie. Ek sal dieselfde doen met jou. Die Seïr-berg, die hele land Edom, sal ’n plek word waar niemand kan woon nie. Hulle sal weet dat Ek die Here is.”

Lees volledige hoofstuk Esegiël 35