Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 35:1-8 Bybel vir Almal (ABA)

1. Ek het gehoor die Here sê vir my:

2. “Mens, jy moet jou gesig na die land Edom draai en jy moet my boodskap teen hulle bring.

3. Jy moet sê: Die Here, Hy wat Here is, sê: Seïr-berg, Ek is jou vyand. Ek sal my hand teen jou uitsteek en Ek sal jou verwoes sodat niemand op jou kan woon nie.

4. Ek sal jou stede hope klippe laat word, en jy sal ’n plek word waar niemand kan woon nie. Jy sal weet dat Ek die Here is.

5. Ek sal dit doen omdat jy altyd ’n vyand van die volk Israel was, van die begin af. Jy het gehelp dat hulle vyande hulle doodmaak daardie dag toe dit met hulle baie sleg gegaan het, daardie tyd toe Ek hulle die laaste maal gestraf het.”

6. Die Here, Hy wat Here is, sê: “Ek sal jou vol bloed laat word, daar sal altyd bloed op jou wees, want jy het gehou daarvan om mense dood te maak. Daar sal altyd bloed op jou wees. Dit is seker, so seker soos Ek lewe.

7. Ek sal die Seïr-berg verwoes, niemand sal daar kan woon nie. Ek sal elkeen laat sterf wat op die berg loop.

8. Die dooie mense sal oral op die berge van die land Edom lê, die dooie mense sal die berge toemaak. Die mense wat in die oorlog gesterf het, sal op jou heuwels lê en in jou valleie en in al jou waterslote.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 35