Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 30:1-14 Bybel vir Almal (ABA)

1. Ek het gehoor die Here sê vir my:

2. “Mens, jy moet ’n boodskap van My bring, jy moet sê: Die Here, Hy wat Here is, sê:“Julle moet huil, julle moet sê:‘Ag, die dag is hier.’

3. Want die dag is naby,die dag van die Here is naby,dit sal ’n donker dag wees,’n tyd wanneer die Heredie volke sal straf.

4. ’n Leër sal na Egipte kom,en die mense in die land Kussal bang word.Die vyande sal mense in Egipte laat sterf.Hulle sal die goed van die land vir hulleself vaten hulle sal die geboue afbreektot op hulle fondamente.

5. Die mense van die lande Kus, Put en Lud,al die soldate uit ander lande,die mense van die land Kuben die mense van die land met wieEk ’n verbond gemaak het,hulle almal sal saam met die Egiptenaarssterf in die oorlog.”

6. Die Here sê:“Die mense wat vir Egipte help, sal sterf.Egipte was baie trots op sy soldate,maar hulle sal in die oorlog sterf,van die stad Migdol tot by die stad Sewene.”Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.

7. “Egipte sal ’n land word soos ander lande waar niemand kan woon nie, en sy stede sal wees soos ander stede wat net hope klippe is.

8. Die Egiptenaars sal weet dat Ek die Here is wanneer Ek Egipte laat brand en wanneer almal sterf wat vir hulle gehelp het.

9. Die mense van Kus dink hulle is veilig, maar daardie dag sal Ek boodskappers in skepe stuur om hulle te laat skrik. Hulle sal bang word wanneer die dag kom wanneer Ek Egipte sal straf. Want dít moet almal weet, daardie dag kom.”

10. Die Here, Hy wat Here is, sê: “Ek sal vir koning Nebukadnesar van Babel gebruik om Egipte se soldate almal te laat sterf.

11. Ek sal vir Nebukadnesar en sy mense bring om die land te verwoes. Hulle is wrede mense, hulle sal hulle swaarde uithaal om teen Egipte te veg en hulle sal die land vol dooie mense maak.

12. Ek sal die riviere droog laat word en Ek sal die land vir slegte mense gee sodat hulle kan doen wat hulle wil. Ek sal vreemde mense bring, hulle sal die land en alles wat daarin is, verwoes. Ek, die Here, het gepraat.”

13. Die Here, Hy wat Here is, sê: “Ek sal die afgode laat verdwyn, Ek sal al die gode wegvat uit die stad Memfis, daardie gode beteken niks. Daar sal nie meer ’n koning in Egipte wees nie. Ek sal almal in Egipte bang laat word.

14. Ek sal die land Patros verwoes, Ek sal die stad Soan laat brand, Ek sal die mense van die stad No straf.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 30