Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 28:24-26 Bybel vir Almal (ABA)

24. Die volke rondom die volk Israel het gewys dat hulle dink Israel is nie belangrik nie, hulle was soos dorings wat aangehou het om vir Israel te steek. Wanneer Ek daardie volke straf, dan sal dit nie weer gebeur nie.”

25. Die Here, Hy wat Here is, sê: “Die volk Israel sal weer kom woon in die land wat Ek vir my dienaar Jakob gegee het. Ek sal die volk Israel bymekaarmaak oral tussen die volke waar hulle moes gaan woon, en Ek sal vir hulle wys dat Ek die heilige God is.

26. Israel sal veilig in die land woon. Hulle sal huise bou en wingerde plant en hulle sal veilig woon. Dit sal gebeur wanneer Ek al die volke rondom hulle straf, die volke wat gewys het dat hulle dink Israel is nie belangrik nie. Israel sal weet dat Ek hulle God die Here is.”

Lees volledige hoofstuk Esegiël 28