Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 23:46-49 Bybel vir Almal (ABA)

46. Ja, die Here, Hy wat Here is, sê: “Jy moet ’n volksvergadering laat bymekaarkom om die twee vroue te oordeel. Almal moet skrik wanneer hulle sien wat met die vroue gebeur, almal moet sien dat daar niks van hulle oorbly nie.

47. Die volksvergadering moet die twee vroue doodgooi met klippe en stukkend kap met byle. Hulle moet ook die twee vroue se kinders doodmaak en hulle huise verbrand.

48. So wil Ek die slegte dinge in die land stop. Al die vroue moet bang word, hulle moenie dieselfde slegte dinge doen nie.

49. So sal julle die straf kry vir die slegte dinge wat julle gedoen het toe julle die afgode gedien het. Julle sal weet dat Ek die Here is, Hy wat Here is.”

Lees volledige hoofstuk Esegiël 23