Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 22:3-15 Bybel vir Almal (ABA)

3. Jy moet sê: Die Here, Hy wat Here is, sê: Die mense in die stad het mense vermoor, en nou het die tyd gekom om hulle te straf. Hulle het afgode gemaak en hulle het onrein geword.

4. Julle is skuldig, want julle het mense vermoor. Julle is onrein, want julle het afgode gemaak. Julle het self die dag laat nader kom wanneer Ek julle sal straf, julle het self julle dood nader gebring. Daarom gee Ek julle vir die ander volke in al die lande sodat hulle vir julle kan spot en vir julle kan lag.

5. Die volke sal almal vir julle lag, die volke wat ver van julle is en die volke wat naby julle is. Julle het verkeerde dinge gedoen, en almal praat sleg oor julle, julle het wilde en verkeerde dinge gedoen.

6. Die leiers wat oor Israel regeer, het sterk geword, maar toe het hulle mense vermoor, julle weet dit.

7. Hulle het gemaak of die pa’s en ma’s by julle nie belangrik is nie, hulle het die vreemdelinge by julle verdruk en hulle het die weeskinders en die weduwees by julle laat swaarkry.

8. Julle het gewys dat julle dink my gewyde dinge is nie belangrik nie, julle het my Sabbatdae ontwy.

9. Daar is mense by julle wat sleg gepraat het oor ander mense sodat hulle moes sterf. Daar is mense wat op die berge offer-etes geëet het, daar is mense wat dinge gedoen het wat baie sleg is.

10. Daar is mense wat by hulle pa’s se vroue slaap en wat vroue verkrag, ook wanneer die vroue menstrueer en onrein is.

11. Die een man doen slegte dinge met ’n ander man se vrou, die ander man doen dit met sy skoondogter en hy maak haar onrein, die ander man doen dit met sy halwe suster, sy pa se dogter.

12. Daar is mense wat geld vat om mense te laat sterf. Daar is mense wat vir ander mense geld leen en wat dan sê dat die ander mense rente moet betaal, te veel rente. Daar is mense wat ander mense bedrieg en wat hulle goed vat. Maar vir Mý het julle vergeet.”Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.

13. “Julle moet dit weet, Ek is verbaas en kwaad, want julle vat dinge wat nie aan julle behoort nie en julle vermoor mense.

14. Die tyd kom wanneer Ek met julle sal doen wat Ek wil doen. Sal julle dan nog dink dat julle sterk is? Nee, Ek, die Here, het gepraat en Ek sal dit doen.

15. Ek sal julle na al die kante toe jaag, tussen die ander volke in, en Ek sal julle in ander lande laat woon. Ek sal al die onrein mense wegvat uit Jerusalem.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 22