Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 21:4-11 Bybel vir Almal (ABA)

4. Ek wil almal in jou doodmaak, die mense wat reg gedoen het en die mense wat verkeerd gedoen het, daarom sal my swaard uit sy leersak gaan na almal wat lewe, van die suide tot die noorde.

5. Dan sal almal wat lewe, weet dat Ek my swaard uit sy leersak gehaal het, en die swaard sal nie teruggaan na sy leersak nie.

6. En jy, mens, jy moet kla en huil en op die grond val, jy moet baie hartseer wees en hard kla, die mense moet dit sien en hoor.

7. En wanneer hulle vir jou vra hoekom jy kla, dan moet jy sê: ‘Ek doen dit omdat ek iets gehoor het. Almal sal bang wees en almal se hande sal slap hang, almal sal moedeloos wees en hulle water sal afloop teen hulle knieë. Julle moet weet, dit kom, dit sal gebeur.’ ”Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.

8. Ek het gehoor die Here sê vir my:

9. “Mens, jy moet my boodskap bring en vir die mense sê: Die Here sê ek moet sê dat Hy sy swaard skerpgemaak en blinkgevryf het.

10. Hy het dit skerpgemaak om mense dood te maak, Hy het dit blinkgevryf sodat dit soos weerlig kan blink. Mag ons bly wees wanneer ons koning wys dat hy dink niemand is belangrik nie? Nee!

11. Die Here het die swaard blink laat vryf en Hy gee dit vir iemand om dit vas te hou en gereed te wees. Die swaard is skerp en blink, en die Here gee dit vir die persoon wat die mense moet doodmaak.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 21