Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 21:18-21 Bybel vir Almal (ABA)

18. Ek het gehoor die Here sê vir my:

19. “En jy, mens, jy moet twee paaie gereedmaak. Die koning van Babel moet op twee paaie kom met sy swaard. Die twee paaie moet uit dieselfde land kom. Jy moet ’n padteken maak waar die pad na die stad begin. Jy moet dit doen

20. om die pad te wys waar die koning met sy swaard kan kom, die pad na die stad Rabba van die Ammoniete of die pad na Juda, na die stad Jerusalem wat sterk mure het.

21. Want die koning van Babel staan by die plek waar die twee paaie bymekaarkom en hy soek ’n teken wat vir hom sal wys waarnatoe hy moet gaan. Hy skud sy pyle, dit moet wys waarnatoe hy moet gaan, hy vra vir die beeldjies wat hy moet doen, hy slag ’n dier en hy kyk hoe die dier se lewer lê.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 21