Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 21:11-18 Bybel vir Almal (ABA)

11. Die Here het die swaard blink laat vryf en Hy gee dit vir iemand om dit vas te hou en gereed te wees. Die swaard is skerp en blink, en die Here gee dit vir die persoon wat die mense moet doodmaak.

12. Mens, jy moet skree en huil. Hoekom? Want hy sal die swaard gebruik teen my volk, dit sal almal doodmaak wat regeer oor Israel. Ek gee hulle saam met my volk sodat die swaard hulle kan doodmaak. Dit is hoekom jy moet wys dat jy kwaad en ontsteld is. Dit is hoekom jy met jou hande teen jou heupe moet slaan

13. wanneer Ek my volk toets soos ’n mens metaal in die vuur toets. Wat sal gebeur met die volk wanneer die koning nie meer belangrik is vir hulle nie?”Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.

14. “En jy, mens, jy moet my boodskap bring, jy moet jou hande teen mekaar slaan, jy moet met die swaard steek, twee maal, drie maal. Dit is ’n swaard wat mense laat sterf, dit is ’n swaard wat hulle van al die kante steek en wat baie mense laat sterf.

15. Die swaard laat hulle baie bang word, dit laat baie mense val en sterf, dit maak hulle dood in al hulle poorte. Ja, Ek het die swaard gemaak om te blink, Ek het dit skerpgemaak om mense dood te maak.

16. Swaard, jy moet die mense aanval, oral waar Ek jou stuur, na regs en na links.

17. Dan sal Ek self ook my hande teen mekaar slaan en Ek sal nie meer kwaad wees nie.”

18. Ek het gehoor die Here sê vir my:

Lees volledige hoofstuk Esegiël 21