Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 21:1-8 Bybel vir Almal (ABA)

1. Ek het gehoor die Here sê vir my:

2. “Mens, jy moet na Jerusalem kyk en jy moet praat teen die gewyde plekke, jy moet my boodskap bring na die land Israel.

3. Jy moet vir die land Israel sê: Die Here, Hy wat Here is, sê: Israel, Ek is nou jou vyand, Ek sal my swaard uit sy leersak haal en Ek sal almal in jou doodmaak, al die mense wat reg gedoen het en almal wat verkeerd gedoen het.

4. Ek wil almal in jou doodmaak, die mense wat reg gedoen het en die mense wat verkeerd gedoen het, daarom sal my swaard uit sy leersak gaan na almal wat lewe, van die suide tot die noorde.

5. Dan sal almal wat lewe, weet dat Ek my swaard uit sy leersak gehaal het, en die swaard sal nie teruggaan na sy leersak nie.

6. En jy, mens, jy moet kla en huil en op die grond val, jy moet baie hartseer wees en hard kla, die mense moet dit sien en hoor.

7. En wanneer hulle vir jou vra hoekom jy kla, dan moet jy sê: ‘Ek doen dit omdat ek iets gehoor het. Almal sal bang wees en almal se hande sal slap hang, almal sal moedeloos wees en hulle water sal afloop teen hulle knieë. Julle moet weet, dit kom, dit sal gebeur.’ ”Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.

8. Ek het gehoor die Here sê vir my:

Lees volledige hoofstuk Esegiël 21