Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 19:2-8 Bybel vir Almal (ABA)

2. Jy moet sê:“Jou ma was ’n groot leeu-wyfie tussen die leeus.Sy het tussen die jong leeus gelêen sy het haar klein welpies grootgemaak.

3. Sy het een van haar welpies gekies,en hy het ’n sterk jong leeu geword.Hy het geleer om vir homself kos te vang,hy het mense geëet.

4. Maar die ander volke het gehoor van homen hulle het hom in ’n vang-gat gevang,hulle het hom met groot ysterhoekena Egipte gebring.

5. Die leeu-wyfie het gesiendat haar plan nie geslaag het nie.Sy het ’n ander welpie geneemen sy het hom ’n sterk jong leeu gemaak.

6. Hy het tussen die leeus rondgeloopen hy het ’n groot jong leeu geword.Hy het geleer om vir homself kos te vang,hy het mense geëet.

7. Hy het by hulle weduwees geslaapen hy het hulle stede verwoes.Almal in die land het bang gewordwanneer hy brul.

8. Maar mense het die volkebymekaargebring teen hom,die volke uit al die lande rondom hom.Hulle het hulle vangnet oor hom gegooien hulle het hom gevang in hulle vang-gat.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 19