Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 13:19-23 Bybel vir Almal (ABA)

19. Julle het my Naam ontwy tussen die mense van my volk, julle het net ’n paar hande vol gars en stukkies brood gekry omdat julle dit gedoen het. Julle het gelieg en julle het mense laat sterf wat nie moes gesterf het nie, maar julle het mense laat aanhou lewe wat nie moes aanhou lewe nie. My volk het geluister na julle leuens.”

20. Die Here, Hy wat Here is, sê: “Ek sal die bande van julle arms afruk omdat julle dit gedoen het. Julle het die bande gebruik om mense te vang soos ’n mens voëltjies vang, julle het mense gevang, maar Ek sal hulle vrymaak.

21. Ek sal julle sluiers afruk en Ek sal my volk red van julle. Julle sal nie meer met hulle kan doen wat julle wil nie. Julle sal weet dat Ek die Here is.

22. Julle het gelieg vir mense wat reg wou doen en julle het hulle moedeloos laat word. Ék het hulle nie laat seerkry nie. Julle het gesê mense wat verkeerd doen, is reg, julle het nie vir hulle gesê hulle moet verander en reg doen sodat hulle kan aanhou lewe nie.

23. Daarom sal julle nie meer kan lieg en sê dat Ek vir julle dinge gewys het nie. Julle sal nie meer kan sê julle weet dinge wat ander mense nie kan weet nie. Ek sal my volk red van julle, en julle sal weet dat Ek die Here is.”

Lees volledige hoofstuk Esegiël 13