Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 1:25-28 Bybel vir Almal (ABA)

25. Iemand het gepraat bokant die hemeldak, bokant die diere se koppe. Wanneer die diere gaan staan het, dan het hulle hulle vlerke laat sak.

26. Bokant die hemeldak wat bokant die diere se koppe was, was daar iets wat gelyk het soos saffierklip. Dit het gelyk soos ’n troon, en hoog bo-op die troon was daar iets wat gelyk het soos ’n mens.

27. Iets het gelyk soos sy heupe, en bokant die heupe het dit vir my gelyk soos blink metaal, soos vuur, en om die vuur was ’n rand. Onderkant die heupe het dit vir my gelyk soos vuur, en om die vuur was lig.

28. Die lig om die vuur was soos die reënboog op ’n reëndag. Dit was die lig wat om die Koning, die Here, is. Toe ek dit sien, het ek gaan lê met my gesig teen die grond. Ek het Iemand gehoor praat.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 1