Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 9:28-35 Bybel vir Almal (ABA)

28. Julle moet tot die Here bid. Die vreeslike donderweer en die hael laat ons baie swaar kry. Julle mag nou weggaan. Ek sal julle nie langer hier hou nie.”

29. Moses het vir die farao gesê: “Wanneer ek uit die stad gaan, dan sal ek my hande uitsteek na die Here toe en ek sal bid. Die donderweer sal ophou en daar sal nie meer hael wees nie. Dan sal jy weet dat die aarde aan die Here behoort.

30. Maar ek weet jy en jou amptenare is nog nie bang vir die Here God nie.”

31. Daar was nie meer vlas en gars oor ná die hael nie.Die gars was amper ryp, en die vlas het al klaar knoppe gemaak.

32. Maar daar was nog koring en spelt, want dit word later ryp.

33. Moses het weggegaan van die farao. Hy het uit die stad gegaan en hy het sy hande na die Here toe opgesteek en gebid. Die donderweer en die hael het opgehou, en die reën het nie meer op die aarde geval nie.

34. Toe die farao sien dat die reën en die hael en die donderweer opgehou het, het hy weer verkeerd gedoen. Hy het nie geluister nie, hy en sy amptenare saam met hom.

35. Die farao was hardkoppig. Hy het nie die Israeliete laat gaan nie. Dit het gebeur soos die Here vir Moses gesê het.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 9