Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 7:1-9 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het vir Moses gesê: “Jou broer Aäron moet alles sê wat jy vir hom sê, soos ’n profeet sê wat God vir hom sê.

2. Jy moet vir jou broer Aäron alles sê wat Ek vir jou sê, en hy moet met die farao praat en vir hom sê hy moet die Israeliete laat gaan uit sy land.

3. Maar Ek sal die farao hardkoppig maak sodat Ek eers baie wonderwerke en tekens in Egipte kan doen.

4. Die farao sal nie na julle luister nie. Dan sal Ek die Egiptenaars swaar straf en Ek sal my volk, die Israeliete, uit Egipte bring.

5. Die Egiptenaars sal weet Ek is die Here. Hulle sal dit weet wanneer Ek hulle straf en wanneer Ek die Israeliete uit Egipte bring.”

6. Moses en Aäron het alles gedoen wat die Here vir hulle gesê het.

7. Moses was 80 jaar oud en Aäron was 83 jaar oud toe hulle met die farao gaan praat het.

8. Die Here het vir Moses en Aäron gesê:

9. “Wanneer die farao vir julle sê julle moet ’n teken wys, dan moet jy vir Aäron sê: ‘Neem jou kierie en gooi dit op die grond voor die farao. Die kierie sal in ’n slang verander.’ ”

Lees volledige hoofstuk Eksodus 7