Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 6:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. God het met Moses gepraat en vir hom gesê: “Ek is die Here.

2. Ek het aan Abraham, aan Isak en aan Jakob verskyn en Ek het vir hulle gesê Ek is God die Almagtige. Ek het nie vir hulle gesê my Naam is ‘die Here’ nie.

3. Ek het ’n verbond gemaak met hulle en Ek het belowe om die land Kanaän vir hulle te gee, die land waar hulle vreemdelinge was.

4. Ek het ook gehoor hoe die Israeliete kla omdat die Egiptenaars hulle soos slawe laat werk. En toe het Ek gedink aan my verbond met hulle.

5. Daarom moet jy vir die Israeliete sê dat Ek sê: ‘Ek is die Here, en Ek sal julle help. Julle sal nie meer die Egiptenaars se slawe wees en so hard werk nie. Ek sal die Egiptenaars swaar straf, en vir julle sal Ek vrymaak.

6. Ek sal julle vir My neem. Julle sal my volk wees, en Ek sal vir julle ’n God wees. Dan sal julle weet dat Ek, die Here, julle God is wat julle vrygemaak het van die swaar werk in Egipte.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 6