Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 5:16-24 Bybel vir Almal (ABA)

16. Jy gee nie vir ons strooi nie, maar die slawe-oppassers sê vir ons: ‘Maak stene!’ Hulle slaan ons, maar dit is jóú mense wat verkeerd is.”

17. Maar die farao het gesê: “Julle is lui. Julle wil nie werk nie. Dit is hoekom julle aanhou sê julle wil vir die Here offers gaan bring.

18. Nou sê ek: Gaan werk! Hulle sal nie vir julle strooi gee nie, maar julle moet soveel stene maak soos toe ek vir julle strooi gegee het.”

19. Die voormanne van die Israeliete het gesien hulle het ’n groot probleem, want hulle kon nie soveel stene maak soos voorheen nie.

20. Toe die voormanne van die Israeliete weggaan van die farao, kry hulle vir Moses en Aäron wat vir hulle gewag het.

21. Die voormanne het vir hulle gesê: “Ons bid dat die Here julle moet straf, want julle het ons naam sleg gemaak by die farao en by sy amptenare. Julle het hulle kwaad gemaak, en nou wil hulle ons doodmaak.”

22. Moses het na die Here toe gegaan en gesê: “Here, hoekom laat U dit so sleg gaan met hierdie volk? Hoekom het U my gestuur?

23. Vandat ek by die farao gekom het om vir hom te sê wat U sê, gaan dit slegter met hierdie volk, maar U help hulle nie.”

24. Die Here het vir Moses gesê: “Nou sal jy sien wat Ek met die farao sal doen. Ek sal hom dwing om die Israeliete te laat gaan. Ja, ek sal hom dwing, en hy sal julle wegjaag uit sy land.”

Lees volledige hoofstuk Eksodus 5