Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 40:23-35 Bybel vir Almal (ABA)

23. Hy het toe die offer-brood daarop neergesit voor die Here, soos die Here vir hom gesê het.

24. Moses het die lampstaander neergesit in die tent waar die Here aan hulle verskyn, by die tafel, in die suidekant van die tempel-tent.

25. Toe het hy die lampe aangesteek voor die Here, soos die Here vir hom gesê het.

26. Hy het die goue wierook-altaar neergesit in die tent waar die Here aan hulle verskyn. Die altaar was voor die gordyn.

27. Toe het hy die wierook op die altaar aan die brand gesteek, soos die Here vir hom gesê het.

28. Hy het die gordyn in die ingang van die tempel-tent opgehang.

29. Hy het die brandoffer-altaar neergesit by die ingang van die tempel-tent, die tent waar die Here aan hulle verskyn. Moses het op die altaar brand-offers en koring-offers gebring, soos die Here vir hom gesê het.

30. Hy het die was-skottel neergesit tussen die tent waar die Here aan hulle verskyn en die altaar. Hy het water daarin gegooi om te was.

31. Moses, Aäron en sy seuns het hulle hande en voete daarin gewas

32. wanneer hulle gegaan het na die tent waar die Here aan hulle verskyn en ook wanneer hulle nader gegaan het na die altaar. Dit was soos die Here vir Moses gesê het.

33. Moses het die gordyne gehang om die oop stuk grond rondom die tempel-tent en die altaar, en hy het die gordyn gehang in die ingang na die oop stuk grond. So het Moses al die werk klaargemaak.

34. ’n Wolk het gehang oor die tent waar die Here aan hulle verskyn, en die lig wat om die Here, die Koning, is wanneer Hy verskyn, was in die tempel-tent.

35. Moses kon nie ingaan in die tent waar die Here aan hulle verskyn nie, want die wolk het oor die tent gebly. Die lig wat om die Here, die Koning, is, was in die tempel-tent.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 40