Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 36:15-22 Bybel vir Almal (ABA)

15. Elke stuk materiaal was 30 el lank en vier el breed.

16. Hulle het eers vyf stukke materiaal aan mekaar vasgewerk en toe het hulle die ander ses stukke aan mekaar vasgewerk.

17. Hulle het 50 lissies vasgewerk aan die kant van die een stuk materiaal en hulle het ook 50 lissies vasgewerk aan die kant van die ander stuk materiaal.

18. Hulle het 50 brons hakies vasgewerk om die tent se stukke materiaal aan mekaar vas te maak, sodat dit een tent kon wees.

19. Hulle het nog ’n seil vir die tent gemaak van skaapvelle wat hulle rooi gekleur het. Hulle het ook ’n seil gemaak van velle wat hulle sag gemaak het. Hulle het dit bo-oor die rooi seil gesit.

20. Hulle het rame van doringhout vir die tempel-tent gemaak om die tempel-tent regop te hou.

21. Elke raam was tien el lank en een en ’n halwe el breed.

22. Elke raam het twee houtpenne en twee gate gehad. Hulle het die houtpenne in die gate gesit sodat hulle die pale styf aan mekaar kon vasmaak. Hulle het al die rame van die tempel-tent so vasgemaak.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 36