Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 35:26-35 Bybel vir Almal (ABA)

26. Al die vroue wat dit graag wou doen, het baie mooi bokhaar-materiaal geweef.

27. Die leiers het oniks en ander edelstene gebring om vas te sit op die priester se skouer-kleed en borssak.

28. Hulle het speserye gebring en ook olyf-olie vir die lampe en vir die salf-olie, en speserye vir die wierook.

29. Elke man en vrou wat graag iets wou bring vir die werk, het dit gebring. Dit was vir al die werk wat die Here vir Moses gesê het om te doen. Die Israeliete het die presente gebring omdat hulle dit graag wou gee.

30. Moses het vir die Israeliete gesê: “Die Here het vir Besaleël gekies om die werk te doen. Besaleël is die seun van Uri, en Uri is die seun van Gur. Besaleël is van die Juda-stam.

31. God het vir Besaleël wysheid en ’n goeie verstand gegee. Hy kan al die werk goed doen.

32. Hy kan planne teken en dinge maak van goud, silwer en brons.

33. Hy kan juwele maak van edelstene en hy kan houtwerk doen. Hy kan al die werk doen.

34. Die Here het vir hom en vir Oholiab gehelp om vir ander ambagsmanne te leer. Oholiab is die seun van Agisamak van die Dan-stam.

35. Die Here het hulle vaardig gemaak om al die soorte werk te kan doen: Hulle kan planne teken, borduur op blou, pers en rooi wol-materiaal en linne-materiaal, en hulle kan weef. Hierdie twee manne kan al die werk doen en planne teken.”

Lees volledige hoofstuk Eksodus 35