Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 33:11-16 Bybel vir Almal (ABA)

11. Die Here het met Moses gepraat soos ’n man met sy vriend praat. Daarna het Moses teruggegaan na die kamp, maar sy helper, die jongman Josua, het nie weggegaan van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn nie. Josua was die seun van Nun.

12. Moses het vir die Here gesê: “U sê vir my ek moet die volk wegneem, maar U sê nie vir my wie U saam met my sal stuur nie. U het gesê: ‘Ek ken jou, Ek is tevrede met jou.’

13. Daarom vra ek nou, as U regtig tevrede is met my, sê vir my wat U wil doen, sodat ek U ook kan ken, en kan weet U is tevrede met my. Onthou, hierdie volk is u eie volk.”

14. Die Here het gevra: “Moet Ek self saamgaan en jou na die land bring?”

15. Moses het vir Hom gesê: “As U nie self met ons saamgaan nie, dan moet U ons nie laat weggaan van hier nie.

16. Hoe sal ons weet dat U tevrede is met ons, met my en met u volk, as U nie met ons saamgaan nie? Ek en u volk sal weet ons is anders as al die volke op die aarde as U self saam met ons gaan.”

Lees volledige hoofstuk Eksodus 33