Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 32:12-20 Bybel vir Almal (ABA)

12. As U hulle nou doodmaak, dan sal die Egiptenaars sê: ‘Die Here het die Israeliete gered, maar Hy het ’n skelm plan gehad. Hy wou hulle doodmaak in die berge en Hy wou hulle almal heeltemal wegvee van die aarde af.’ Here, moenie kwaad wees vir u volk nie. Verander asseblief u planne en moenie hulle doodmaak nie.

13. U moet onthou wat U self belowe het vir u dienaars Abraham en Isak en Jakob. U het vir hulle gesê: ‘Ek sal julle nageslag so baie maak soos die sterre in die lug. Ek sal hierdie hele land vir julle nageslag gee, en dit sal altyd aan hulle behoort.’ Here, U was self die getuie toe U dit vir hulle belowe het.”

14. Die Here het sy plan verander en Hy het besluit om nie sy volk te straf nie.

15. Moses het omgedraai en afgekom van die berg. In sy hande was die twee plat klippe waarop die tien gebooie was. Die Here het op altwee kante van die klippe geskryf, op die voorkant en op die agterkant.

16. Dit was God se werk, God het self die plat klippe gemaak en Hy het self die woorde daarop geskryf.

17. Josua het gehoor hoe die Israeliete skree en raas en hy het vir Moses gesê: “Daar is oorlog in die kamp!”

18. Maar Moses het gesê:“Hulle skree nie soos mensewat gewen hetin die oorlog nie.Hulle huil ook nie soos mensewat verloor het nie.Ek hoor hulle sing.”

19. Toe Moses naby die kamp kom, het hy die beeld van die bul-kalf gesien en die Israeliete wat dans. Hy het toe baie kwaad geword en hy het die twee plat klippe stukkend gegooi. Die klippe het onder teen die berg geval en gebreek.

20. Moses het die bul-kalf geneem wat die Israeliete gemaak het en hy het dit verbrand. Toe het hy dit fyngemaal soos poeier en hy het dit in die water gegooi. Hy het gesê die Israeliete moet die water drink.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 32