Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 31:11-18 Bybel vir Almal (ABA)

11. Hulle moet ook die salf-olie en die wierook vir die tempel maak. Ek hou daarvan. Hulle moet dit alles maak soos Ek vir jou gesê het.”

12. Die Here het vir Moses gesê:

13. “Sê vir die Israeliete: ‘Julle moet altyd die Sabbatdag vier. Julle moet dit doen, want dit sal ’n bewys wees van die verbond tussen My en julle. As julle nageslag sien julle doen dit, dan sal hulle weet dat Ek die Here is wat julle gekies het om aan My te behoort.

14. Daarom moet julle die Sabbatdag vier. Dit moet vir julle ’n gewyde dag wees. As iemand die Sabbatdag ontwy, dan moet julle hom doodmaak. Ja, julle moet elkeen wat op die Sabbatdag werk, afsny van sy volk.

15. Julle moet ses dae werk, maar die sewende dag is die Sabbatdag. Dit is ’n dag wanneer julle heeltemal moet rus, want hierdie dag is gewy aan My. Julle moet elkeen doodmaak wat op die Sabbatdag werk.

16. Die Israeliete moet op die Sabbatdag doen wat Ek gesê het. Julle nageslag moet ook altyd die Sabbatdag vier.

17. Dit sal altyd ’n bewys wees van die verbond tussen My en die Israeliete. Ek het die hemel en die aarde in ses dae gemaak, maar op die sewende dag het Ek nie gewerk nie. Ek het toe gerus.’ ”

18. Toe die Here klaar met Moses gepraat het op Sinai-berg, het Hy vir Moses die twee klippe gegee waarop Hy die tien gebooie geskryf het. Dit was plat klippe, en God het die tien gebooie met sy vinger daarop geskryf.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 31