Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 31:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het vir Moses gesê:

2. “Ek het vir Besaleël gekies om die werk te doen. Hy is die seun van Uri, en Uri is die seun van Gur. Besaleël is van die Juda-stam.

3. Ek het vir Besaleël wysheid en ’n goeie verstand gegee sodat hy baie soorte werk goed kan doen.

4. Hy kan planne teken en dinge maak van goud en silwer en brons.

5. Hy kan juwele maak van edelstene en hy kan houtwerk doen. Hy kan baie soorte werk doen.

6. Ek het vir Oholiab gekies om hom te help. Hy is die seun van Agisamak van die Dan-stam. Ek het ook al die ander ambagsmanne vaardig gemaak, sodat hulle alles kan doen wat Ek vir julle sê.

7. Hulle moet die tent maak waar Ek aan julle sal verskyn, die kis waarin die tien gebooie moet kom en die deksel wat daarop moet kom, en alles wat by die tent moet wees.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 31