Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 24:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het vir Moses gesê: “Kom teen die berg op na My toe, jy en Aäron, Nadab en Abihu en nog 70 leiers van die Israeliete. As julle nog ver van My is, dan moet julle buig.

2. Moses, jy moet dan alleen nader kom na My toe. Die ander manne moenie nader kom nie en niemand moet saam met jou opklim nie.”

3. Moses het toe gekom en hy het vir die volk alles vertel wat die Here gesê het, al die wette wat Hy gegee het. Al die mense het gesê dit is reg. Hulle het gesê: “Ons sal alles doen wat die Here gesê het.”

4. Moses het toe al die woorde van die Here neergeskryf en vroeg die volgende oggend ’n altaar gebou by die voet van die berg. Daar was twaalf gedenkstene, een vir elke stam van die Israeliete.

5. Moses het die Israeliete se jongmanne gestuur, en hulle het brand-offers vir die Here gebring. Daar was ook bulle vir ete-offers.

6. Moses het die helfte van die bloed geneem en hy het dit in bakke gegooi. Hy het die ander helfte van die bloed teen die kant van die altaar uitgegooi.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 24