Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 20:19-26 Bybel vir Almal (ABA)

19. Hulle het vir Moses gesê: “As jý met ons praat, dan sal ons luister, maar God moenie met ons praat nie, want dan sal ons sterf.”

20. Moses het vir die mense gesê: “Julle moenie bang wees nie, want God het gekom om julle te toets. God wil hê julle moet Hom eer en julle moenie sonde doen nie.”

21. Die mense het toe ver weg bly staan, maar Moses het nader gegaan na die donker wolk waar God was.

22. Die Here het vir Moses gesê hy moet vir die Israeliete sê:“Julle het self gehoor dat Ek met julle uit die hemel gepraat het.

23. “Julle mag nie vir julle gode van silwer of goud maak nie.”

24. “Julle moet vir My ’n altaar van grond maak, en daarop moet julle die brand-offers en julle ete-offers bring, julle skape en bokke en julle beeste. Ek sal na julle toe kom en Ek sal julle seën op elke plek waar Ek wil hê dat julle My moet aanbid.

25. Wanneer julle vir My ’n altaar van klippe maak, dan moet julle dit nie bou met klippe wat julle gekap het nie, want as julle die klippe kap, dan sal die altaar onrein wees.

26. Julle mag nie met trappe opklim na my altaar nie, want dan kan die mense miskien onder julle klere inkyk.”

Lees volledige hoofstuk Eksodus 20