Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 20:11-16 Bybel vir Almal (ABA)

11. Die Here het ses dae lank die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, maar op die sewende dag het Hy nie gewerk nie. Daarom het die Here die Sabbatdag geseën en Hy het dit ’n gewyde dag gemaak.

12. “Jy moet jou ouers respekteer, dan sal jy lank woon in die land wat jou God die Here vir jou gee.

13. “Jy mag nie iemand vermoor nie.

14. “Jy mag nie egbreuk pleeg nie.

15. “Jy mag nie steel nie.

16. “Jy mag nie leuens vertel oor ander mense nie.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 20