Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 19:1-9 Bybel vir Almal (ABA)

1. Presies drie maande nadat die Israeliete weggegaan het uit Egipte, het hulle in die Sinai-woestyn gekom.

2. Nadat hulle weggegaan het van Refidim, het hulle in die Sinai-woestyn gekom en hulle het daar by die berg hulle tente opgeslaan.

3. Moses het teen die berg opgegaan na God toe. Die Here het van die berg af na Moses geroep en Hy het gesê Moses moet vir die nageslag van Jakob, die Israeliete, sê:

4. “Julle het self gesien wat Ekmet die Egiptenaarsgedoen het.Ek het julle beskerm en gedrasoos ’n arend haar kleintjiesop haar vlerke dra.Ek het julle na My toe gebring.

5. As julle nou gehoorsaam isen doen wat Ek sê,en as jullemy verbond hou,dan sal julle my eie volk wees,want die hele aarde is Myne.

6. Julle sal die priesters weesoor wie Ek regeer,’n gewyde volk.Dit is wat jy vir die Israelietemoet sê.”

7. Moses het afgekom van die berg en hy het die leiers van die Israeliete geroep. Hy het alles vir hulle vertel wat die Here vir hom gesê het.

8. Al die mense het saamgestem en gesê: “Ons sal alles doen wat die Here gesê het.”Moses het vir die Here gaan vertel wat die volk gesê het.

9. Die Here het vir Moses gesê: “Ek sal na jou toe kom in ’n donker wolk sodat die mense kan hoor wanneer Ek met jou praat. Dan sal hulle jou altyd glo.”Toe het Moses vir die Here vertel wat die volk gesê het.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 19