Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 15:14-23 Bybel vir Almal (ABA)

14. Die ander volkehet daarvan gehooren hulle het gebewe.Die mense van Filistyne-landhet baie bang geword.

15. Die leiers van die Edomietehet geskrik,die konings van Moabwas baie bang.Die mense van Kanaänhet groot geskrik.

16. Hulle het geskriken hulle was baie bang.Hulle het stil gaan staansoos ’n dooie klip toe hullehoor hoe sterk U is.Here, in daardie tyd het ons,die volk wat aan u behoort,hier deur die water gegaan.

17. U het ons gebringen U het ons laat woonop die berg wat aan Ubehoort.Dit is die plek wat Ureggemaak hetvir u troon,u gewyde plek wat U selfreggemaak het met u hande.

18. Die Here sal koning weesvir altyd en altyd!”

19. Ja, toe die farao se perde en oorlogkarre en die manne daarop in die see ingegaan het, het die Here die see se water laat terugkom oor hulle, maar die Israeliete het op die grond deur die see gegaan.

20. Moses se suster, Mirjam, was ’n profeet. Sy het ’n tamboeryn in haar hand geneem. Al die vroue het ook tamboeryne geneem en hulle het haar gevolg. Hulle het gedans.

21. Mirjam het vir hulle gesê: “Sing vir die Here, want Hy is die Groot God. Hy het die perde en die manne wat op hulle ry, in die see gegooi.”

22. Moses en die Israeliete het weggegaan van die Riet-see. Hulle het in die Sur-woestyn gekom. Hulle het drie dae lank geloop, verder in die woestyn in, en hulle het nie water gekry nie.

23. Toe kom hulle by die plek Mara, maar hulle kon nie die water daar drink nie, want dit was bitter. Dit is hoekom hulle die plek Mara genoem het.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 15