Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 15:1-12 Bybel vir Almal (ABA)

1. Daarna het Moses en die Israeliete hierdie lied vir die Here gesing. Hulle het gesê:“Ek wil sing vir die Here,want Hy is die Groot God.Hy het die perdeen die manne wat op hulle ry,in die see gegooi.

2. Ek kry my krag by die Here,Hy maak my sterk.Hy het my gered.Hy is my God,en ek sal Hom prys.Hy is die Godvan my voorvaders,en ek sal Hom eer.

3. Die Here kan oorlog maak,sy Naam is die Here.

4. Hy het die faraose oorlogkarreen sy soldatein die see gegooi,die farao se beste soldatehet in die Riet-see verdrink.

5. Die water het hulle toegemaak,hulle het diep ondertoe afgesaken gesink soos klippe.

6. Here, u regter-hand is baie sterk,u regter-hand, Here,slaan die vyand dood.

7. Ja, U is die Groot God,U trap almal plat wat teenU oorlog wil maak.As U kwaad is,dan brand U hulle wegsoos droë gras.

8. Die asem wat uit u neus kom,is soos ’n sterk wind.Dit het die water gekeer,en die water het hoog gestaansoos ’n muur,die diep waterin die middel van die seehet stil geword.

9. Die vyande het gesê:‘Ons sal die Israeliete volgen jaag en onssal hulle vang.Ons sal hulle goed vaten ons sal dittussen ons verdeel.Ons sal alles kry wat ons wil hê.Ons sal ons swaarde uithaalen ons sal hulle doodmaak.’

10. Maar U het u wind laat waai,en die see het hulletoegemaak.Hulle het soos loodin die diep water gesink.

11. Here, wie is soos U?Nie een van die gode nie.Wie kan doen wat U kan doen?Wie is so heilig soos U?Niemand nie.Almal eer U en singvan die wonderlike dingewat U doen.

12. U het u regter-handuitgesteek, en die aardehet u vyande ingesluk.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 15