Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 14:2-8 Bybel vir Almal (ABA)

2. “Sê vir die Israeliete hulle moet omdraai en hulle moet hulle tente opslaan by Pi-Hagirot, tussen Migdol en die see. Hulle moet by Baäl-Sefon hulle tente opslaan by die see.

3. Dan sal die farao dink die Israeliete het in die woestyn verdwaal.

4. Ek sal die farao hardkoppig maak en hy sal die Israeliete volg en jaag. Ek sal die farao en al sy soldate oorwin en doodmaak. Dan sal die Egiptenaars weet dat Ek die Here is.”Die Israeliete het toe gedoen soos Moses vir hulle gesê het.

5. Die koning van Egipte, die farao, het gehoor dat die Israeliete gevlug het. Hy en sy amptenare het toe gesê: “Ons het ’n fout gemaak. Ons het die Israeliete laat gaan, en nou is hulle nie meer ons slawe nie.”

6. Die farao het toe die perde voor sy oorlogkar ingespan en hy het sy soldate saam met hom geneem.

7. Hy het 600 goeie oorlogkarre geneem, al die oorlogkarre van Egipte. Daar was drie manne op elke oorlogkar.

8. Die Here het die farao, die koning van Egipte, hardkoppig gemaak. Hy het die Israeliete gevolg en gejaag, maar die Here het die Israeliete beskerm toe hulle weggegaan het.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 14