Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 1:9-15 Bybel vir Almal (ABA)

9. Hy het vir die mense van Egipte gesê: “Die Israeliete is nou meer en sterker as ons.

10. Wanneer ons vyande oorlog maak teen ons, dan sal die Israeliete miskien saam met hulle veg teen ons en hulle sal ons land vat. Kom ons maak ’n plan, sodat hulle nie nog meer kan word nie.”

11. Die farao het die Israeliete toe soos slawe laat werk en hy het mense aangestel om te kyk dat hulle hard werk. Die Israeliete moes vir die farao twee stede bou: Pitom en Rameses. Die farao het kos en ander goed in hierdie stede gebêre.

12. Die Egiptenaars het die Israeliete verdruk, maar dit het nie gehelp nie. Die Israeliete het nog baie meer geword. Die Egiptenaars het die Israeliete gehaat

13. en hulle nog harder laat werk.

14. Hulle het die Israeliete baie swaar laat kry en hard laat werk. Die Israeliete moes stene maak van klei en hulle moes in die grond werk. Die Egiptenaars het hulle soos slawe laat werk. Hulle was nie jammer vir die Israeliete nie.

15. Die koning van Egipte het ook met die Hebreeuse vroedvroue gepraat. Die een vroedvrou se naam was Sifra, en die ander vroedvrou se naam was Pua.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 1