Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 1:1-13 Bybel vir Almal (ABA)

1. Hier is die name van Jakob se seuns wat saam met hom na Egipte gekom het. Elke seun se huisgesin het saam met hom gekom:

2. Ruben, Simeon, Levi en Juda,

3. Issaskar, Sebulon en Benjamin,

4. Dan, Naftali, Gad en Aser.

5. Jakob het 70 afstammelinge gehad. Josef was al klaar in Egipte toe hulle daar gekom het.

6. Later het Josef en al sy broers wat van Kanaän gekom het, gesterf.

7. Die Israeliete was vrugbaar, hulle het baie geword. Hulle het ’n baie groot volk geword, die land het vol Israeliete geword.

8. Maar toe het ’n nuwe koning oor Egipte begin regeer. Hy het nie vir Josef geken nie.

9. Hy het vir die mense van Egipte gesê: “Die Israeliete is nou meer en sterker as ons.

10. Wanneer ons vyande oorlog maak teen ons, dan sal die Israeliete miskien saam met hulle veg teen ons en hulle sal ons land vat. Kom ons maak ’n plan, sodat hulle nie nog meer kan word nie.”

11. Die farao het die Israeliete toe soos slawe laat werk en hy het mense aangestel om te kyk dat hulle hard werk. Die Israeliete moes vir die farao twee stede bou: Pitom en Rameses. Die farao het kos en ander goed in hierdie stede gebêre.

12. Die Egiptenaars het die Israeliete verdruk, maar dit het nie gehelp nie. Die Israeliete het nog baie meer geword. Die Egiptenaars het die Israeliete gehaat

13. en hulle nog harder laat werk.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 1