Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 33:9-15 Bybel vir Almal (ABA)

9. Hulle het hulle ouersen hulle broersen hulle kinders gelosom te doen wat U sêen om gehoorsaam te weesaan u verbond.

10. Hulle leer vir die Israelietewat U besluit heten wat U wil hê,hulle bring vir U wierook-offersen brand-offers op u altaar.

11. Here, U moet vir die Levietebaie krag geeen U moet dit goed laat gaanmet alles wat hulle doen,U moet hulle vyandeswak laat word,U moet die mensewat vir hulle haat,so hard slaan dat hullenie kan opstaan nie.”

12. Dit het Moses oor Benjamin gesê:“Die Here is lief vir Benjamin,hy sal veilig woon,Die Here beskerm hom elke dag,en hy woon tussen die berge.”

13. Dit het Moses oor Josef gesê:“Die Here sal die landvan Josef seën.Sy mense sal die beste kryvan alles,die beste van die reënen die douen die diep waterdaar onder.

14. Hulle sal die beste kryvan alles wat groei,alles onder die son,alles wat die menseelke maand afsny of pluken bymekaarmaak,

15. die beste van alles wat groeiop die berge en op die heuwelswat baie lank daar is.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 33