hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34

Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 33 Bybel vir Almal (ABA)

Moses se laaste woorde

1. Moses, die man van God, het die Israeliete geseën voordat hy gesterf het. Hy het gesê:

2. “Die Here het van Sinai-berggekom,Hy het verskynop die Seïr-berge,Hy het sy lig laat skynvan Paran-berg af.Hy het gekom van sy gewyde woonplek waartienduisende engele woon.

3. Waarlik, U is lief vir volke,almal wat gewy is aan U,behoort aan U.U leer vir hulle,hulle luister na wat U sê.

4. Hulle luister na die wettewat Moses vir ons gegee het,die wette wat behoortaan die volksvergaderingvan Jakob.

5. Die Here het die Koningin Jesurun gewordtoe die hoofde van die volkbymekaargekom het,toe die leiers van die stammesaam daar was.”

6. Moses het gesê:“Ek bid dat die mensevan Ruben sal aanhou lewe endat hulle nie almal sal sterf nie,want hulle is min mense.”

7. En dit het Moses oor Juda gesê:“Here, U moet doenwat Juda vra,U moet hom terugbringna sy mense toe,U moet hom sterk maaken hom help teen sy vyande.”

8. Dit het Moses oor Levi gesê:“Die mense wat in U glo,dra die urim en die tummim,U het hulle by Massa getoets,U het hulle by die watervan Meriba beskuldig.

9. Hulle het hulle ouersen hulle broersen hulle kinders gelosom te doen wat U sêen om gehoorsaam te weesaan u verbond.

10. Hulle leer vir die Israelietewat U besluit heten wat U wil hê,hulle bring vir U wierook-offersen brand-offers op u altaar.

11. Here, U moet vir die Levietebaie krag geeen U moet dit goed laat gaanmet alles wat hulle doen,U moet hulle vyandeswak laat word,U moet die mensewat vir hulle haat,so hard slaan dat hullenie kan opstaan nie.”

12. Dit het Moses oor Benjamin gesê:“Die Here is lief vir Benjamin,hy sal veilig woon,Die Here beskerm hom elke dag,en hy woon tussen die berge.”

13. Dit het Moses oor Josef gesê:“Die Here sal die landvan Josef seën.Sy mense sal die beste kryvan alles,die beste van die reënen die douen die diep waterdaar onder.

14. Hulle sal die beste kryvan alles wat groei,alles onder die son,alles wat die menseelke maand afsny of pluken bymekaarmaak,

15. die beste van alles wat groeiop die berge en op die heuwelswat baie lank daar is.

16. Hulle sal die beste kry van alleswat uit die aarde kom,alles wat daar is omdat die Heregoed is vir Josef,die Here wat in ’n doringbosverskyn het.Ek bid dat Josef dit alles sal kry,Josef wat oor sy broers regeer het.

17. Die Josef-stam is so sterksoos ’n jong bul,soos ’n oer-os met sy horings.Hy sal ander volke stoot en jaagtot ver op die aarde. Efraim het tienduisende soldate,en Manasse hetduisende soldate.”

18. Dit het Moses oor Sebulon gesê:“Sebulon, jy moet bly weeswanneer jy op die pad loop,en jy, Issaskar, jy moet bly weeswanneer jy in jou tente is.

19. Hulle roep die ander volkena die berg,en daar bring hulle die offerswat hulle moet bring.Hulle word ryk,want hulle kry baie dingeuit die see,hulle kry kosbare dingeonder die sand.”

20. Dit het Moses oor Gad gesê:“Ek prys die Here,Hy het vir Gad’n groot woonplek gegee,Gad is soos ’n leeu,hy byt en skeur sterk arms,hy slaan koppe stukkend.

21. Gad het die beste landvir homself gekies,hy het ’n koning se land gekry,Gad het die leiersvan die volk gebringen hy het gedoenwat die Here wil hê,hy het gedoen wat die Herebesluit het.”

22. Dit het Moses oor Dan gesê:“Dan is soos ’n jong leeuwat uit die land Basan spring.”

23. Dit het Moses oor Naftali gesê:“Die Here is goed vir Naftali,die Here seën hom,Naftali het die meer van Kinneretvir homself gevat,en ook die land suid van die see.”

24. Dit het Moses oor Aser gesê:“Die Here sal vir Aser meer seënas die ander seuns,ek bid dat die ander broerslief sal wees vir hom,en dat hy so ryk sal weesdat hy sy voetein olyf-olie sal was.

25. Ek bid dat sy stedesterk poorte sal hêmet sluitbalke van ysteren brons.Ek bid dat dit altyd goedsal gaan met Aser.

26. “Jesurun, jou Godis baie groot,daar is niemand soos Hy nie!Hy ry deur die lugom jou te kom help,Hy, die Koning,ry oor die wolke.

27. Hy is altyd God in die hemel,Hy dra sy volk altyd in sy armsen beskerm hulle.Hy het die vyandevoor julle weggejaagen Hy het vir julle gesêjulle moet die vyande doodmaak.

28. Israel woon veilig,die nageslag van Jakobwoon alleenin ’n land waar daar koringen wyn is,die dou drup ook daaruit die lug.

29. Israel, jy is ’n gelukkige volk,watter ander volk is soos jy?Niemand.Die Here het jou gered,Hy beskerm jou soos ’n skild.Hy is soos ’n swaardwat jou laat wen,jou vyande sal kruip voor jou,en jy sal op hulle trap.”