Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 33:7-13 Bybel vir Almal (ABA)

7. En dit het Moses oor Juda gesê:“Here, U moet doenwat Juda vra,U moet hom terugbringna sy mense toe,U moet hom sterk maaken hom help teen sy vyande.”

8. Dit het Moses oor Levi gesê:“Die mense wat in U glo,dra die urim en die tummim,U het hulle by Massa getoets,U het hulle by die watervan Meriba beskuldig.

9. Hulle het hulle ouersen hulle broersen hulle kinders gelosom te doen wat U sêen om gehoorsaam te weesaan u verbond.

10. Hulle leer vir die Israelietewat U besluit heten wat U wil hê,hulle bring vir U wierook-offersen brand-offers op u altaar.

11. Here, U moet vir die Levietebaie krag geeen U moet dit goed laat gaanmet alles wat hulle doen,U moet hulle vyandeswak laat word,U moet die mensewat vir hulle haat,so hard slaan dat hullenie kan opstaan nie.”

12. Dit het Moses oor Benjamin gesê:“Die Here is lief vir Benjamin,hy sal veilig woon,Die Here beskerm hom elke dag,en hy woon tussen die berge.”

13. Dit het Moses oor Josef gesê:“Die Here sal die landvan Josef seën.Sy mense sal die beste kryvan alles,die beste van die reënen die douen die diep waterdaar onder.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 33