Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 33:15-24 Bybel vir Almal (ABA)

15. die beste van alles wat groeiop die berge en op die heuwelswat baie lank daar is.

16. Hulle sal die beste kry van alleswat uit die aarde kom,alles wat daar is omdat die Heregoed is vir Josef,die Here wat in ’n doringbosverskyn het.Ek bid dat Josef dit alles sal kry,Josef wat oor sy broers regeer het.

17. Die Josef-stam is so sterksoos ’n jong bul,soos ’n oer-os met sy horings.Hy sal ander volke stoot en jaagtot ver op die aarde. Efraim het tienduisende soldate,en Manasse hetduisende soldate.”

18. Dit het Moses oor Sebulon gesê:“Sebulon, jy moet bly weeswanneer jy op die pad loop,en jy, Issaskar, jy moet bly weeswanneer jy in jou tente is.

19. Hulle roep die ander volkena die berg,en daar bring hulle die offerswat hulle moet bring.Hulle word ryk,want hulle kry baie dingeuit die see,hulle kry kosbare dingeonder die sand.”

20. Dit het Moses oor Gad gesê:“Ek prys die Here,Hy het vir Gad’n groot woonplek gegee,Gad is soos ’n leeu,hy byt en skeur sterk arms,hy slaan koppe stukkend.

21. Gad het die beste landvir homself gekies,hy het ’n koning se land gekry,Gad het die leiersvan die volk gebringen hy het gedoenwat die Here wil hê,hy het gedoen wat die Herebesluit het.”

22. Dit het Moses oor Dan gesê:“Dan is soos ’n jong leeuwat uit die land Basan spring.”

23. Dit het Moses oor Naftali gesê:“Die Here is goed vir Naftali,die Here seën hom,Naftali het die meer van Kinneretvir homself gevat,en ook die land suid van die see.”

24. Dit het Moses oor Aser gesê:“Die Here sal vir Aser meer seënas die ander seuns,ek bid dat die ander broerslief sal wees vir hom,en dat hy so ryk sal weesdat hy sy voetein olyf-olie sal was.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 33