Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 33:1-11 Bybel vir Almal (ABA)

1. Moses, die man van God, het die Israeliete geseën voordat hy gesterf het. Hy het gesê:

2. “Die Here het van Sinai-berggekom,Hy het verskynop die Seïr-berge,Hy het sy lig laat skynvan Paran-berg af.Hy het gekom van sy gewyde woonplek waartienduisende engele woon.

3. Waarlik, U is lief vir volke,almal wat gewy is aan U,behoort aan U.U leer vir hulle,hulle luister na wat U sê.

4. Hulle luister na die wettewat Moses vir ons gegee het,die wette wat behoortaan die volksvergaderingvan Jakob.

5. Die Here het die Koningin Jesurun gewordtoe die hoofde van die volkbymekaargekom het,toe die leiers van die stammesaam daar was.”

6. Moses het gesê:“Ek bid dat die mensevan Ruben sal aanhou lewe endat hulle nie almal sal sterf nie,want hulle is min mense.”

7. En dit het Moses oor Juda gesê:“Here, U moet doenwat Juda vra,U moet hom terugbringna sy mense toe,U moet hom sterk maaken hom help teen sy vyande.”

8. Dit het Moses oor Levi gesê:“Die mense wat in U glo,dra die urim en die tummim,U het hulle by Massa getoets,U het hulle by die watervan Meriba beskuldig.

9. Hulle het hulle ouersen hulle broersen hulle kinders gelosom te doen wat U sêen om gehoorsaam te weesaan u verbond.

10. Hulle leer vir die Israelietewat U besluit heten wat U wil hê,hulle bring vir U wierook-offersen brand-offers op u altaar.

11. Here, U moet vir die Levietebaie krag geeen U moet dit goed laat gaanmet alles wat hulle doen,U moet hulle vyandeswak laat word,U moet die mensewat vir hulle haat,so hard slaan dat hullenie kan opstaan nie.”

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 33